Ad Musicum
Kontak ons



Welkom by Ad Musicum se webwerf

Om te sing is vir ons 'n wonderlike voorreg en 'n Godgegewe talent. Ons is 'n gesellige, nie-professionele koor wat al ongeveer 30 jaar bestaan.

Ons tree gereeld tydens geleenthede van 'n wyduiteenlopende aard op: van kerke tot by die Voortrekker Monument. Ons repertoire bestaan uit 'n wye verskeidenheid musiek - van geestelik tot sekulêr. Ons hou ook elke jaar 'n prestigekonsert, spesiaal vir ons familie en vriende sodat hulle kan sien en hoor wat ons vermag het.

In 2004 het ons 'n toer na Nederland onderneem en met 'n wonderlike ervaring baie vriende daar gemaak.

Ons hou gedurende die jaar 'n paar sosiale funksies waar ons mekaar beter leer ken. Ons oefen elke Dinsdagaand vanaf 19:00 tot 21:30 by die NG Kerk Rietfontein-Suid in Ben Swartstraat, Pretoria. Ons hou ook koorkampe gedurende die jaar.

Indien jy sou belangstel om by ons aan te sluit kan jy die Koorleier of Voorsitter kontak. (Sien Kontakpersone op die Menu)

Kontak ons | Registreer op verspreidingslys. | Werf uitleg | Get Adobe | Wysig web